Skip to product information
1 of 5

Coba KUNS

PRINTS REST IN HIM

PRINTS REST IN HIM

Regular price R 185.00 ZAR
Regular price Sale price R 185.00 ZAR
Sale Sold out
Size

VASGEVANG IN GRYS. GEGROND IN GENADE
- Wanneer Stilte Spreek
Titel: 'Rus in Hom' (4de Portret)
Sy is die enigste een van die ses gesigte met geslote oë. Sy begin in donkerte, swart en
grys, vasgevang in ’n plek waar alles dof en vaal lyk. Sy het teruggekyk na haar verlede,
haar gedagtes vasgevang deur die dinge wat sy nie kan verander nie.
Soos die vrou in die Bybel wat in ’n soutpilaar verander het, het sy aan haar verlede
vasgeklou, en dit het haar beweging vorentoe gestuit.
Maar soos ek aan haar gewerk het, het haar gesig sagter geword, nie meer in haar verlede
vasgevang nie, maar stil, soos Maria aan die voete van Jesus.
Sy het begin leer om rus te vind, nie in die wêreld nie, maar by haar Vader. Dit was asof
die diepste donker van haar lewe haar net nader aan God getrek het, haar wortels dieper
ingesink het in Sy liefde en Sy genade.
Nou, met haar oë geslote, is sy in ’n winterseisoen. Alles om haar mag vaal lyk, maar God
is aan die werk – binne haar.
Sy leer dat rus nie ’n teken van swakheid is nie, maar ’n tyd van vernuwing. Haar
geestelike oë het oopgegaan, en sy fokus nou op die beloftes van God, op Sy genesing,
op Sy hoop. Sy leer om Hom te vertrou, selfs in die stilte, selfs wanneer sy nie kan sien
nie.
Mag hierdie gesig vir elke vrou ’n herinnering wees: rus is deel van God se plan.
Mag ons leer om aan Sy voete te sit en ons geestelike oë oop te maak vir Sy
teenwoordigheid.
Mag ons rus in Sy arms en vertrou dat Hy werk, selfs in ons winterseisoene.
- cobaKUNS

View full details