Coba KUNS
BERGE VOL BELOFTE
BERGE VOL BELOFTE
Couldn't load pickup availability
Description
1000x1000 (x2)
DIE VERHAAL AGTER ‘BERGE VOL BELOFTE’
- JESAJA 54:10
TITEL: ‘BERGE VOL BELOFTE’ (EERSTE BERGREEKS)
Soms het ons iets tasbaars nodig om ons te herinner aan die krag van God – aan wat Hy daagliks vir ons
doen, selfs wanneer ons dit nie altyd raaksien nie. My kuns dien as daardie sigbare herinnering: iets wat
in jou huis hang, maar ook in jou hart leef. Dis meer as net ‘n kunswerk – dit is ‘n draer van hoop.
Ek het grootgeword in die uitgestrekte vlaktes van die Vrystaat, waar die horison wyd en die landskap plat
is. Toe ek en my man na Barkly-Oos verhuis en op ‘n plaas tussen die berge begin woon, het iets in my
hart verander. Die skoonheid van die berge rondom ons het my diep geraak. Daagliks sien ek hulle – stil,
sterk, onwankelbaar. En elke dag herinner hulle my aan die Een wat hulle gemaak het.
In hierdie eenvoudige maar heilige oomblikke van bewondering, het ek God se teenwoordigheid opnuut
begin beleef. Ek het begin nadink oor die simboliek van berge in die Bybel – hoe God hulle gebruik het
om aan mense te verskyn, te praat, te lei en te openbaar.
Op ’n berg het Esegiël visioene van God ontvang. Op Sinai het Moses die Tien Gebooie ontvang. Op
Nebo het Moses gehoor dat hy nie fisies in Kanaän sou ingaan nie, maar God het vir hom ‘n beter belofte
voorberei – die ewige Kanaän. Jesus het op ‘n berg die Bergpredikasie gegee, is op ‘n berg verheerlik
voor sy dissipels, en het hulle op ‘n berg in Galilea die groot sendingopdrag gegee. Dwarsdeur die Bybel
staan berge as simbool van God se majesteit, Sy teenwoordigheid, en Sy beloftes.
Mag ons nooit na berge kyk sonder om die grootheid van ons Skepper daarin raak te sien nie. Mag ons
nie vergeet watter geestelike betekenis hierdie berggebeurtenisse inhou nie. Elke berg in die Skrif is ‘n
herinnering dat God heilig is, dat Hy naby is, en dat Sy plan altyd groter is as wat ons kan sien.
Dit is my gebed dat hierdie kunswerk ‘Berge vol Belofte’ iets van daardie simboliek in jou huis en hart sal
inbring. Mag jy elke keer wat jy daarna kyk, herinner word aan die krag, die trou en die liefde van God.
Mag dit jou laat stilstaan – nie net om die skoonheid te bewonder nie, maar om Sy stem daarin te hoor.
Wanneer jy weer na berge staan en staar, mag jy God se liefde opnuut ervaar. Mag jy vashou aan Sy
beloftes – ook dié vir jóú – en Sy hand in jou lewe sien werk.
Want selfs al sou die berge padgee en die heuwels wankel – sê Jesaja 54:10 – God se troue liefde sal
nooit van jou wyk nie.
Die berge bring stilte vir jou siel, kalmte vir jou hart, en nuwe hoop vir jou gemoed. Jy hoor die fluisteringe
van vrede. Jy voel die wind wat jou herinner:
Jy is nie alleen nie.
Die berge is vol beloftes.
- cobaKUNS
THE STORY BEHIND ‘MOUNTAINS FULL OF PROMISE’
- Isaiah 54:10
Title: Mountains Full of Promise (First Mountain Series)
Sometimes, we need something tangible to remind us of God’s power – something visible to reflect what
He does for us daily, even when we don’t always see it. My art serves as that visible reminder: a piece
that hangs in your home but also settles in your heart. It’s more than just art – it’s a carrier of hope.
I grew up in the wide, open plains of the Free State, where the land stretches flat in every direction. When
my husband and I moved to Barkly East and began living on a farm surrounded by mountains, something
shifted in my spirit. The beauty of the mountains moved me deeply. Each day I see them – still, strong,
unwavering – and every day, they remind me of the One who made them.
In these quiet, sacred moments of wonder, I began to experience God’s presence in a new way. I started
reflecting on the meaning of mountains in the Bible – how God used them to reveal Himself, to speak, to
lead, and to show His glory.
It was on a mountain that Ezekiel received visions of God. On Mount Sinai, Moses received the Ten
Commandments. On Mount Nebo, Moses heard that he would not enter the physical Promised Land, but
God was preparing a better one – the eternal one. Jesus preached the Sermon on the Mount, was
transfigured on a mountain before His disciples, and it was on a mountain in Galilee that He gave the
Great Commission. From beginning to end, mountains in Scripture symbolize the majesty, presence, and
promises of God.
May we never look at mountains without recognizing the greatness of our Creator. May we not forget the
spiritual significance of these mountain moments throughout Scripture. Each one reminds us that God is
holy, He is near, and His plan is far greater than what we can see.
It is my prayer that this artwork, Mountains Full of Promise, brings something of that meaning into your
home and heart. May you be reminded, every time you see it, of God’s strength, His faithfulness, and His
love. May it cause you to pause – not just to admire the beauty, but to hear His voice through it.
And when you stand before the mountains again, may you feel God’s love anew. May you hold tightly to
His promises – the ones He made for you – and see His hand at work in your life.
For though the mountains may be shaken, and the hills be removed, Isaiah 54:10 says, God’s unfailing
love will not be shaken, nor His covenant of peace be removed.
The mountains offer stillness for your soul, calm for your heart, and fresh hope for your spirit. You hear
the gentle whispers of peace. You feel the wind move around you and through you.
You are not alone.
The mountains are full of promise.
- cobaKUNS
Share

