Skip to product information
1 of 5

Coba KUNS

PRINTS / HOPE FOR HEALING

PRINTS / HOPE FOR HEALING

Regular price R 185.00 ZAR
Regular price Sale price R 185.00 ZAR
Sale Sold out
Size

ONTDEK ‘DIE HART VAN VROUWEES’
‘N VERHAAL VAN KRAG EN KWESBAARHEID


TITEL: ‘DIE HART VAN VROUWEES’ (2de Portret)
Waag dit om weerloos te wees-
“ń Vrou vol genade en sagte weerloosheid is ń sterk, lieflike vrou.”
Help my, Maak my, Vorm my, Red my!
Sy is vrou. Sy is ma. Sy is mens. Sy is genoeg - sy is die titel werd. Sy behoort aan Hom.
In ’n wêreld waar elke dag nuwe uitdagings en onverwagte dinge bring, toon sy krag en pas sy aan by die
lewe. Sy staan weerloos en sterk vir diegene om haar.
Wanneer jy na haar kyk, kan jy die stories voel wat sy vertel.
Sy is ’n stille getuienis van die onvoorspelbare reis van die lewe wat ons moet trotseer.
Blou - soos die diep see, blou soos hemel lug, soek haar hart kalmte tydens die storms…
Maar ook,
Blou - soos die bruisende waters van Sy liefde - sal Hy genesing bring na die plekke in haar hart wat nog
Sy aanraking nodig het.
Want wanner sy haar hart met skoonheid kan aanbied vir ander, suiwer ... sonder haat, sonder woede,
sonder seer - dan eers is dit aanloklik.
Sy leer ken die gewig van die wêreld en die delikate balans tussen breek en buig.
Deur bekoorlik te leef en genesing langs die pad te vind.
Haar krag lê nie in die afwesigheid van vrees of pyn nie, maar in haar vermoë om voort te gaan ten spyte
daarvan. Haar liefde is beide haar beskerming en haar kwesbaarheid.
Sy is nie bedroef nie, sy word gevorm. Sy is deel van die proses.
Sy nooi ons uit om bo die wedywerende wereld uit te styg. Sy word voortdurend getransformeer, deur die
uitdagings wat sy in die gesig staar.
Sy is nie perfek nie, sy is nie foutloos nie.
Sy is JY en sy is EK.
Haar verhaal, weerspieël haar proses om gedruk te word maar nie verpletter te word nie, om oor te gee,
om weerloos te wees.
Mag jy jouself sien deur haar oë en jou vroulike hart weer vind - met ’n oneindige diepte van liefde en
krag om weer te probeer.
Sy is ’n getuienis van die skoonheid van vrouwees, van die krag van ’n moeder se liefde en van God se
teenwoordigheid by haar tydens haar lewensreis, met al sy onvoorspelbare uitdagings en oomblikke van
groei.
Dit is haar verhaal, ’n portret van ń weerlose hart,
van krag en kwesbaarheid, van ń vrou in wording.
-cobaKUNS

View full details