Skip to product information
1 of 4

Coba KUNS

PRINTS / PORTRAIT OF PROMISE

PRINTS / PORTRAIT OF PROMISE

Regular price R 185.00 ZAR
Regular price Sale price R 185.00 ZAR
Sale Sold out
Size

DIE STORIE AGTER MY EERSTE GESIG
OM HOOP TE HANG WAT JOU HART EN HUIS OPHELDER
Titel: Portrait of Promise [1ste Portret]
“Portrait of Promise” Nie slegs die eerste kunswerk in ’n reeks van sewe nie, maar ’n simbool van
potensiaal, opgesluit in ieder en elke vrou, as ons net die tyd sal vat om in onsself te glo.
Laat haar oë, geverf met sorg en sentiment, jou herinner aan God se belofte van wonde genees wanneer
ons ons hoop en harte in Sy hande plaas.
Romeine 12:5-6: ń Genade gawe, ń geskenk van God. "Ons is Christus se liggaam hier op aarde. Net
soos die verskillende liggaamsdele elkeen sy eie funksie het, het ons as gelowiges ook verskillende
funksies. Om ons te help om hierdie
funksies te vervul het God vir ons elkeen besondere hemelse geskenke gegee.
Ons almal het nie dieselfe geestelike geskenke van Hom ontvang nie. God het dit aan ons elkeen
uitgedeel soos Hy goedgedink het.
Hierdie gawes is vir ons gegee om met ander te deel, om iets vir ’n ander te beteken: nie net Sondag in
die kerk, maar ook Woensdag aand na werk, Donderdag oggend met Juffrou Annemarie op die lyn, of
Sarredag middag met ’n welverdiende glas wyn. Wanneer "sy" teen jou muur hang, wanneer jy vir "haar"
kyk, is die doel nie net dat dit ’n mooi prentjie moet wees wat sag op die oë val in die verbyloop nie: Ek
hoop "sy" sit weer hoop in jou hart. Selfvertroue in jou siel. ’n Daaglikse herinnering dat jy gesien, geliefd
en deur God gekies is.
Ek hoop "sy" inspireer jou om voluit te leef, om die lewe wat God spesiaal vir JOU gekies het, soos ’n kind
te geniet.
Blom waar jy geplant is – vat sommer die hele bedding oor! En steek élke vrou aan met wie jy in
aanraking kom!
Jý, daar tussen niks en nêrens, Jý daar in die groot stad,
Jý wat elke oggend sit in N1 verkeer, Jý wat kinders skooltoe jaag op ’n grondpad: Daar is ’n plan vir jou
lewe (Nee, régtig).
Al voel jou bydrae te klein, te komieklik, hou net vas aan Sy belofte van groei, genesing en oorvloedige
hoop. Jou reis is joúne vir ’n rede, en al is die golwe soms rof en onbeskof: Vertrou op Hom, versterk
deur Hom en sing Sy naam met
lof! Jy wandel nooit doelloos en alleen nie; jy vorm deel van hierdie wonderlike, lukrake, onvoorspelbare en
perfekte verhaal. Geskryf deur Sy hand, en Sy hand alleen.
Hy "worry" nie of jý dink jy is goed genoeg vir hierdie plan of nie - Hy SÊ jy is! Hy kyk met die sagste oë
na jou. Hy kiés jou. Hy koéster jou. Want JY is vir Hom een kosbare ding, of hoe het Mattheus 6:26
destyds gesê.
Van mý hart en huis na joune: ek hoop jou gees word gelig en jou siel hernu, met die wete dat Hy altyd
daar is, al is ons in ons eie ou wêreldjie, soms salig onbewus.
Vir my is hierdie ń belofte van God: dat met geloof, daar altyd hoop is, en
met hoop, daar altyd die moontlikheid van 'n beter môre waar die son weer helder sal skyn.
- geskryf deur LUSHKA LABUSCHAGNE

View full details