Coba KUNS
Savior of Swallows ( Sold as a set of 2) (R7000 each)
Savior of Swallows ( Sold as a set of 2) (R7000 each)
Couldn't load pickup availability
The story behind Savior of Swallows
Swallows are fragile… yet so faithful. 🕊️
After a long wait for rain, I watched them gather mud in their tiny beaks, determined to build.
It reminded me of being a child of God. ✨
When we live close to Him, His living water softens the soil of our hearts — making it ready for building.
The swallows build with their mouths, and so do we.
We build with words of life, encouragement, and truth. Even in our own fragility, faithfulness flows when we stay close to the Source.
This painting carries that reminder: to drink deeply of Him, to speak words that build, and to live a life that leaves beauty and eternal value.
“Whoever believes in me, as Scripture has said, rivers of living water will flow from within them.” – John 7:38 💧
A gentle, timeless piece that carries both beauty and eternal value.
Details:
-
Original Artwork by COBA
-
Medium: Acrylic on Canvas
-
Size: 1m x 1m Framed Canvas (set of 2)
-
Signed and sealed for protection
-
Payment plan available on request. Please contact me to arrange installments.
Die Storie agter "Savior of Swallows"
Swaeltjies is broos… maar so getrou. 🕊️
Hulle herinner my daaraan dat selfs in ons broosheid, daar ’n krag lê in getrouheid — om terug te keer na die Bron, om te bou met wat ons ontvang het.
Na ’n lang wag op reën sien ek dit elke keer: die oomblik wat die aarde sag word, daag die swaeltjies op. Hulle vlieg laag, dra modder in hulle bekkies, en begin nes bou. Hulle weet: die tyd is reg. God het hulle só gemaak.
So leer ek ook: wanneer ek naby God leef — die Bron van Lewende Water — word my hart sag en vrugbaar. Dan kan ek bou. Nie met modder nie, maar met woorde. Woorde van lewe, waarheid en hoop.
Hierdie stel van 1m x 1m sluit my swaeltjie-reis af. Groter in formaat en ook dieper in boodskap:
Hierdie twee groot doeke is ook met minder verf en meer water geskilder — ’n keuse wat vir my diep betekenis het. Water is ’n simbool van lewe, genesing en oorvloed. Soos water vloei, dra dit waarheid en varsheid — net soos God se teenwoordigheid ons harte vul.
- ’n Herinnering dat ons almal geroep is om te bou aan dit wat ewig standhou.
Share
