1
/
of
4
Coba KUNS
Skape
Skape
Regular price
R 0.00 ZAR
Regular price
Sale price
R 0.00 ZAR
Unit price
/
per
Couldn't load pickup availability
'n Storie oor Skape, wat hang in die stilte van die Karoo, op die plaas genaamd Elberfeld.
Skoonheid en troos word dikwels op die mees onverwagte plekke gevind-soos hier, op 'n plaas omring deur die uitgestrekte vlaktes van die Karoo.
Op Elberfeld Plaas, waar stilte en eenvoud ontmoet, ontvou 'n unieke skoonheid. Hier word die liefde vir die platteland sigbaar en die omgewing vorm deel van 'n lewende kunswerk wat jou insluk!
My kuns vind sy plek in hierdie storie, 'n verhaal wat deur geslagte se harte en hande gevloei het. ñ Huis waar mure en hout vloere stories vertel, van toeka tot nou. Waar die geur van Karoo-bossies die lug vul, terwyl die son stadig sak en die skaaptjoppies op die vuur braai-'n ware viering van eenvoud en vreugde.
Die bekende woorde van Psalm 23 kom in my gedagtes op. Net soos die herder sy skape ken, ken God ons en lei Hy ons met 'n sagte hand, deur die seisoene van die lewe, waar ons rus kan vind in groen weivelde, by waters waar daar vrede is!
Share
